duimnael|links|upright|Standbeeld van Grote Pier in Kimswerd, Friesland. duimnael|links|upright|Skildery van Donia waar hy veg vir die vryheid van sy mense. Die skildery is getiteld: "Dapperheid van Grote Pier" Pier Gerlofs Donia (Kimswerd, 1480 – Sneek, 28 Oktober 1520) was 'n Friese vryheidsvegter, volksheld, piraat en rebel. Hy was 'n enorme man en daar is gesê dat hy heelwat langer as 7 voet hoog gestaan het. Donia was hoofsaaklik bekend as vryheidsvegter vir die onafhanklikheid van Friesland (deesdae 'n provinsie van Nederland). Vanweë sy legendariese grootte en krag het hy ook die bynaam "Grote Pier" (Wes-Fries: Grutte Pier) gekry. Alhoewel niemand sy bestaan betwyfel nie, is die details van sy lewe in legende gehul.
Verwysings
Eksterne skakels
Volksverhaal oor die Grote Pier
Kategorie:Friesland Kategorie:Geskiedenis van Nederland Kategorie:Geboortes in 1480 Kategorie:Sterftes in 1520