duimnael| Victoria-stadion Hoheluft, Hamburg
SC Victoria Hamburg is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir pluimbal, handbal, yshokkie, atletiek, tennis, tafeltennis ('n gesamentlike afdeling met TSV 08 Eppendorf/Groß Borstel bekend as SG Victoria Eppendorf), gimnastiek, Amerikaanse rugby (onder die naam Hamburg Eagles), bofbal (onder die naam Wildcats) en sagtebal (onder die naam Oysters).
Geskiedenis Die klub het op 5 Mei 1895 ontstaan as FC Victoria Hamburg uit die jeugspanne Cito en Excelsior en was aanvanklik geaffilieer met Hamburger SV voordat dit 'n onafhanklike sokkerklub geword het in 1897. Die klub was 'n stigterslid van die DFB in Leipzig in 1901.
Die klub was in die vroeë 1900’s 'n krag in Duitse sokker en het in 1905 (verloor in die kwarteindrondte teen Dresdner SC), 1906 (verloor in die kwarteindrondte teen Union 92 Berlyn) en 1907 (verloor in die kwarteindrondte teen Berliner TuFC Viktoria 89) aan die uitspeelwedstryde om die Duitse titel deelgeneem nadat dit die Noord-Duitse titel gebuit het.
Die klub is op 10 Junie 1908 herdoop na SC Victoria Hamburg. In 1933 is Duitse sokker geherorganiseer onder impuls van die Derde Ryk in 16 eerstevlak Gauligas. Victoria het in 1934 na die Gauliga Nordmark gepromoveer en in 1943 die Gauliga Hamburg gewen. Die klub is egter in die uitspeelwedstryde om die Duitse titel in die eerste rondte deur Eintracht Braunschweig uitgeskakel.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Stadtliga Hamburg meegeding en in 1947 was hulle een van 4 Hamburgse klubs om by die Oberliga Noord op die hoogste vlak aan te sluit.
Hulle is egter na een seisoen gerelegeer, maar het in die 1950’s weer twee seisoene in die topliga deurgebring. Die klub het hierna nog nooit weer die hoogtes van vroeër bereik nie.
'n Ander prestasie van die klub was dat die vroue-handbalspan in 1930 die Duitse kampioenskap gewen het.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 11de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 12de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 17de 1966-67 (III) Amateurliga Hamburg 4de 1967-68 (III) Amateurliga Hamburg 14de 1968-69 (IV) Landesliga Hamburg-Germania 1ste 1969-70 (III) Amateurliga Hamburg 3de 1970-71 (III) Amateurliga Hamburg 4de 1971-72 (III) Amateurliga Hamburg 2nd 1972-73 (III) Amateurliga Hamburg 4de 1973-74 (III) Amateurliga Hamburg 1ste 1974-75 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1975-76 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1976-77 (III) Am.Oberliga Noord 17de 1977-78 (IV) Landesliga Hamburg 9de 1978-79 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de 1979-80 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de 1980-81 (IV) Verbandsliga Hamburg 9de 1981-82 (IV) Verbandsliga Hamburg 12de 1982-83 (IV) Verbandsliga Hamburg 10de 1983-84 (IV) Verbandsliga Hamburg 11de 1984-85 (IV) Verbandsliga Hamburg 9de 1985-86 (IV) Verbandsliga Hamburg 7de 1986-87 (IV) Verbandsliga Hamburg 7de 1987-88 (IV) Verbandsliga Hamburg 10de 1988-89 (IV) Verbandsliga Hamburg 12de 1989-90 (IV) Verbandsliga Hamburg 11de 1990-91 (IV) Verbandsliga Hamburg 7de 1991-92 (IV) Verbandsliga Hamburg 5de 1992-93 (IV) Verbandsliga Hamburg 8ste 1993-94 (IV) Verbandsliga Hamburg 9de 1994-95 (V) Verbandsliga Hamburg 1ste 1995-96 (IV) Oberliga Hamburg-SH 16de 1996-97 (V) Verbandsliga Hamburg 11de 1997-98 (V) Verbandsliga Hamburg 4de 1998-99 (V) Verbandsliga Hamburg 7de 1999-00 (V) Verbandsliga Hamburg 9de 2000-01 (V) Verbandsliga Hamburg 6de 2001-02 (V) Verbandsliga Hamburg 6de 2002-03 (V) Verbandsliga Hamburg 2nd 2003-04 (IV) Oberliga Hamburg-SH 8ste 2004-05 (IV) Oberliga Noord 18de 2005-06 (V) Verbandsliga Hamburg 3de 2006-07 (V) Verbandsliga Hamburg 1ste 2007-08 (V) Verbandsliga Hamburg 2008-09 (V) Oberliga Hamburg 1ste
Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf
Oberliga Hamburg 2008/09-seisoen HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – SC Vorwärts Wacker Billstedt – TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SC Egenbüttel – SV Halstenbek-Rellingen – SC Concordia von 1907 – SC Condor Hamburg – SC Victoria Hamburg – SV Lurup – USC Paloma Hamburg – VfL 93 Hamburg – Meiendorfer SV – Niendorfer TSV – FC Eintracht Norderstedt – FC Voran Ohe – FC St. Pauli II
Hamburg Kategorie:Hamburg