Shine4 was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in Januarie 2001 gestig is. Hulle is bekend is vir snitte soos Mama ek wil 'n man hê, Perfekte Wêreld en Ramaja (oorspronklik deur Glenys Lynne).

Na sewe jaar en drie albums het Shine 4 in 2008 aangekondig dat hulle gaan ontbind. Om hul loopbaan mee af te sluit, het hulle 'n versamelalbum van hul grootste treffers getiteld Sien Jou Weer (Grootste Hits) vrygestel.

Die groep het bestaan het uit vier jong dames, naamlik: Desirèe Underwood, Jill Middlekop, Marlese Kapp en Liesl Kriel.

Diskografie Ateljeealbums 2001: Begin 2005: Perfekte wêreld 2007: So elektries

Versamelalbums 2008: Grootste hits (sien jou weer) 2010: Perfekte wêreld / so elektries 2CD

DVD's 2007: Shine 4 - Die Grootste Treffers (DVD)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels Shine4 se amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe