VfV Borussia 06 Hildesheim is 'n sokkerklub uit Hildesheim in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Die huidige klub het op 1 Julie 2003 ontstaan met die samesmelting van die sokkerafdeling van VfV Hildesheim met die sokkerafdeling van SV Borussia 06 Hildesheim.

Geskiedenis van die voorgangers VfV Hildesheim VfV Hildesheim het op 22 September 1945 ontstaan as die samesmelting van 18 klubs wat na die Tweede Wêreldoorlog deur die Geallieerdes ontbind is, naamlik Arbeiter Turn- und Sportverein "Vorwärts" von 1895, Freie Turnerschaft Moritzberg von 1904, Fußballverein "Britania" von 1904, Fußballclub "Preußen" von 1907 (later as "Hildesheim 07" herdoop), Freie Schwimmer von 1913, Freie Sportliche Vereinigung von 1918, Verein für Rasenspiele von 1920, Hildesheimer Sportverein von 1927, Turnklub von 1930, Radsportverein "Hildesia" von 1932, Sportverein "Jungborn", Radfahrverein "Fahr Wohl", Radfahrverein "Schwalbe", Freie Kegler, Kraftsportverein "Frisch Auf", Boxfreunde, Arbeiter-Kegler Ortsgruppe Hildesheim en Kanuklub "Möwe".

Hildesheim 07 het vir 13 seisoene op die hoogste vlak meegeding, onder andere 4 seisoene in die Gauliga Neder-Sakse, insluitend 1 seisoen (1944) as 'n tydelike samesmelting met Rasen SV 06 Hildesheim onder die naam KSG RSV 06/SV 07 Hildesheim. Die klub het vanaf 1958 tot met die stigting van die Bundesliga in 1963 op die hoogste vlak meegeding in die Oberliga Noord. Van die klub se beste prestasies is in die DFB-Pokal behaal, waar die halfeindstryd in die 1961/62-seisoen gehaal is en die kwarteindrondte die voorafgaande seisoen.

SV Borussia 06 Hildesheim SV Borussia 06 Hildesheim se oudste voorganger was FC Hildesheim von 1906. In 1919 het die klub met FC Himmelsthür 1912 saamgesmelt as Rasensportverein 06 Hildesheim. Hierdie klub het voor die Tweede Wêreldoorlog 7 seisoene op die hoogste vlak gespeel, onder andere 4 seisoene in die Gauliga Neder-Sakse, insluitend 1 seisoen (1944) as 'n tydelike samesmelting met Hildesheim 07 onder die naam KSG RSV 06/SV 07 Hildesheim. In 1946 het die klub met Reichsbahn SG saamgesmelt om RSV Borussia 06 te vorm. Die klub het aanvanklik na die oorlog in die Amateurliga op die derde vlak meegeding, maar hierna die kreeftegang gegaan. Ten tyde van die samesmelting was die klub al 'n hele paar seisoene in die kreisliga vasgevang.

Onlangse ligaposisionering VfV Hildesheim 1963-64 (II) Regionalliga Noord 13de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 15de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 15de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 16de 1967-68 (III) Amateurliga Neder-Sakse 2de 1968-69 (III) Amateurliga Neder-Sakse 16de 1969-70 (III) Amateurliga Neder-Sakse 15de 1970-71 (III) Amateurliga Neder-Sakse 15de 1971-72 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse-S 14de 1972-73 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse-S 10de 1973-74 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse-S 4de 1979-87 (V) Landesliga 1987-88 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 12de 1988-89 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 11de 1989-90 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 10de 1990-91 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 14de 1991-92 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 11de1992-93 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 12de 1993-94 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 16de 1994-95 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 2de 1995-96 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 10de 1996-97 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 3de 1997-98 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 3de 1998-99 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 3de 1999-00 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 7de 2000-01 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 3de 2001-02 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-W 3de 2002-03 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 12de VfV Borussia 06 Hildesheim 2003-04 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 15de 2004-05 (V) Neder-Sakseliga-Wes 7de 2005-06 (V) Neder-Sakseliga-Wes 5de 2006-07 (V) Neder-Sakseliga-Wes 6de 2007-08 (V) Neder-Sakseliga-Wes 6de 2008-09 (V) Oberliga Neder-Sakse Wes

Bronne Hardy Grüne: Legendäre Fußballvereine Norddeutschland ().

Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Wes 2008/09-seisoen SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – SpVgg Preussen Hameln 07 – SV Arminia Hannover – TSV Havelse – Heesseler SV – VfV Borussia 06 Hildesheim – SC Langenhagen – VfL Germania Leer – TuS Lingen – SV Meppen – VfB Oldenburg – VfL Oldenburg – VfL Osnabrück II – Eintracht Nordhorn – TuS Pewsum – BSV Swartwit Rehden – SV Wilhelmshaven II

Hildesheim