Die Krieketwêreldbeker 2007 (Engels: 2007 Cricket World Cup) is van 13 Maart tot 28 April 2007 in Wes-Indië beslis. Dit was die negende krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Amerikas. Die sewe Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana het gesamentlik as gashere van dié toernooi opgetree, meer as by enige ander krieketwêreldbekertoernooi. Saam met die T20I-wêreldbeker 2007 in September in Suid-Afrika was dit een van twee groot kriekettoernooie in 2007.
duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is duimnael|links|upright|Mello, die geleentheid se gelukbringer 16 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die ses beste spanne van die IKK-trofee 2005 (Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland), die meeste deelnemers aan ’n krieketwêreldbekertoernooi in dié tyd. Beide Bermuda en Ierland het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, waardeur vir die eerste keer drie spanne van die Amerikas en vier van Europa aan ’n internationale kriekettoernooi deelgeneem het.
Tydens die Krieketwêreldbeker 2007 is 51 wedstryde gespeel, drie minder as tydens die vorige Krieketwêreldbeker 2003 (ondanks twee bykomende deelnemende spanne). Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika geklop en Sri Lanka vir Nieu-Seeland, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Kensington-ovaal in Barbados teen Sri Lanka met 53 lopies (D/L-metode) gewen en sodoende sy vierde titel ingepalm en as enigste land tot dusver ’n driekuns behaal het.
Australië se onoorwonne rekord in die toernooi het hul wenreeks na 29 agtereenvolgende krieketwêreldbekerwedstryde verleng, ’n reeks wat op 23 Mei 1999, tydens die Krieketwêreldbeker 1999-groepfase, begin het. Die toernooi het ook ontsteltenisse en verassingsuitslae gesien, toe die toernooigunstelinge Indië en Pakistan nie die Super Agt gehaal het nie, terwyl Bangladesj, die tweede laagste volle lid in dié tyd op die IKR se EDI-ranglys, en die wêreldbekerdebutant Ierland, destyds ’n assosiaatlid, die Super Agt gehaal het deur onderskeidelik Indië en Pakistan te verslaan. Ierland het daarmee ná Kenia in 2003 die tweede assosiaatlid geword wat die tweede rondte van ’n krieketwêreldbekertoernooi gehaal het. Pakistan se destydse afrigter Bob Woolmer is een dag ná die uitskakeling van sy span dood aangetref. Die daaropvolgende dag het die Jamaikaanse polisie aangekondig dat sy dood agterdogtig was en ’n volledige ondersoek aanbeveel. Agt maande later het die polisie die saak gesluit verklaar ná die goedkeuring van ’n openbare beslissing deur ’n elf-lede-jurie.
Na aanleiding van die toernooi het die IKR toernooi-inkomste van $239 miljoen onder sy lede verdeel.IKR se Gekonsolideerde Finansiële verklaring vir die nege maande tot 31 Desember 2007, rekeningkundige nota 12. Die Krieketwêreldbeker 2007 is aanvanklik as ’n ramp bestempel, aangevoer is die relatief lang duur met 51 wedstryde (die meeste in dié tyd) in vier fases oor 47 dae, die lang reisafstand tussen die eilande, die Pakistanse afrigter se dood en die aansluitende langdurige ondersoek, die vroeë uitskakeling van beide Indië en Pakistan, asook die omstrede handhawing van die slegte weersomstandighede tydens die eindstryd deur die skeidsregters. Die toernooi word egter ook as die mees inklusiewe krieketwêreldbekertoernooi beskou, aangesien vir die enigste keer 16 spanne kon deelneem en gedurende die groepfase al die spanne in kleiner groepe ’n billike kans op vordering gehad het.
Toewysing duimnael|2007-spankapteine met die trofee Die Krieketwêreldbeker 2007 is volgens die Internasionale Krieketraad se rotasiebeleid toegewys aan Wes-Indië. Dit is die eerste keer dat die krieketwêreldbekertoernooi in die Karibiese eilande gehou is, ten spyte van die feit dat die Wes-Indiese nasionale krieketspan destyds die tweede suksesvolste span in die krieketwêreldbekergeskiedenis was.Volgens aantal oorwinnings, wenpersentasie en aantal krieketwêreldbekertoernooie wat hulle gewen het. Trouens was hulle bo-aan al hierdie kriteria van 1975 tot 1987, en eers in 2003 het Australië sy aantal bekers verbeter. Oorspronklik het die Bahamas, Bermuda en die Verenigde State deel gevorm van die Wes-Indiese eilande se bod vir die Krieketwêreldbeker 2007. Dié toernooi is egter aan die sewe Wes-Indiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana toegewys.
Deelnemers Die volgende 16 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië (gasheer) en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer. Beide Bermuda en Ierland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, waarmee dit die eerste internationale kriekettoernooi met drie spanne van die Amerikas en vier Europese spanne is. Bermuda was volgens beide oppervlakte en bevolking in dié tyd die kleinste land wat daarin geslaag het.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 38 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGastgeberNegende2003Kampioen (1975, 1979)DVolle ledeNegende2003Kampioen (1987, 1999, 2003)ADerde2003Groepfase (1999, 2003)BNegende2003Naaswenner (1979, 1987, 1992)CNegende2003Kampioen (1983)BNegende2003Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999)CNegende2003Kampioen (1992)DNegende2003Kampioen (1996)BVyfde2003Halfeindrondte (1992, 1999)ASewende2003Super Ses (1999, 2003)DIKR-trofee 2005Eerste–DebuutBEerste–DebuutDDerde2003Groepfase (1979, 2003)CVierde2003Halfeindrondte (2003)CDerde2003Groepfase (1996, 2003)ATweede1999Groepfase (1999)A
Stadions Agt plekke regoor die Wes-Indiese eilande is gekies om die krieketwêreldbekertoernooi aan te bied. Al die gasheerlande het ses wedstryde elk aangebied met die uitsonderings van St. Lucia, Jamaika en Barbados (wat die eindstryd gehuisves het), waar sewe wedstryde elk gespeel is.
Die Jamaikaanse regering het $81 miljioen vir stadionopknapping spandeer. Dit sluit in die opknapping van Sabinapark en die oprigting van die nuwe veeldoelige gerief in Trelawny deur ’n lening van die Volksrepubliek China. ’n Verdere $20 miljioen is spandeer vir ander infrastruktuur, waarvolgens die algehele uitgawes meer as $100 miljioen of JM$7 miljard beloop het. Daarmee het die opknappingskoste van Sabinapark $46 miljioen beloop, terwyl die Trelawny-stadion se koste op sowat $35 miljioen geskat is. Die algehele uitgawes vir stadions het op sowat $301 miljioen beloop. Die Brian Lara-stadion in Trinidad was sy plek op 21 September 2006 kwyt.
Die Verenigde State het voorgestel dat wedstryde in die nuut opgerigte Sentrale Browardpark van Lauderhill, Florida, gespeel word, maar die IKR het dié aansoek verwerp en al die wedstryde aan Karibiese lande toegewys. Die krieketstadion is in 2007 opgerig en was destyds die enigste met internasionale toetsstatus in die Verenigde State.
North Sound, Bridgetown, St. George’s, Georgetown, Sir Vivian Richards-stadion Kensington-ovaal Queen’s Park Providencestadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 27 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 15 000 150px 150px 150px 150px420px Kingston, Basseterre, Gros Islet, Port of Spain, Sabinapark Warner Park-stadion Beausejourstadion Queen’s Park-ovaal Kapasiteit: 16 000 Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 25 000 150px 150px 150px 150px
Formaat Die Krieketwêreldbeker 2007 is oor 49 dae tussen 16 verskillende spanne oor 51 wedstryde beslis. Dit het op 13 Maart 2007 op Sabinapark in Kingston, Jamaika, met die openingswedstryd tussen die gasheer Wes-Indië en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 28 April met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMaartSo11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Seremonies | bgcolor=#d6325b |
|Groep A
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | Groep B
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep C
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | |Groep D
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Super AgtMaart/AprilDi27Wo28Do29Vr30Sa31So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21Super Agt |colspan="2" bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1
| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1UitklopfaseAprilSo22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28Seremonies
| bgcolor=#d6325b | Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D
Australië, Indië, Engeland en Wes-Indië is om logistieke redes in verskeie groepe geplaas, aangesien hulle volgens verwagtinge die meeste ondersteuners sou hê en die vervoer- en akkomodasiekapasiteit in Wes-Indië beperk is. Elke land moes teen 13 Februarie 2007 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.
Groepfase en Super Agt