KV2 is die grafkelder van farao Ramses IV in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is laag in die hoofvallei geleë, tussen KV7 en KV1. Dit is sedert antieke tye oop en bevat baie graffiti.

Uitleg thumb|links|180px|'n Plan van KV2.

'n Skerf met inskripsies op beskryf die beplanning van die grafkelder. Die ligging is in die tweede jaar van Ramses IV se bewind gekies deur die plaaslike goewerneur en twee van die farao se raadgewers. Ramses het die troon laat in sy lewe bestyg, en om seker te maak hy het 'n redelik groot grafkelder (ná 'n taamlik kort bewind van ses jaar), het hy die werkspan tot 120 mans vergroot. Hoewel dit redelik groot is, is KV2 al beskryf as "eenvoudig in sy ontwerp en versiering".The Tomb of Ramesses IV, Valley of the Kings, Egypt, accessed July 15, 2009

Nes ander grafkelders van die 20ste Dinastie, het KV2 'n reguit as. Dit is hoogstens 88,66 meter lank en bestaan uit drie stadigaan dalende gange (B, C en D). Dit word gevolg deur 'n groot kamer (E) en dan die grafkamer (J). Daarna volg 'n nou gang (K) en drie sykamers [Ka, Kb en Kc].

Die grafkleder is grootliks ongeskonde en is versier met tonele van die Klaaglied van Re, Boek van Grotte, Dodeboek, Amdoeat en Boek van die Hemele.

Die sarkofaag is stukkend en die mummie is gesluif na die mummieopgaarplek in KV35.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV2

Kategorie:Vallei van die Konings