thumb|220px|Wadi Ghuweir in Jordanië. thumb|220px|Wadi Degla in Egipte in 'n droë seisoen.
'n Wadi (Arabies: وَادِي) is gewoonlik 'n droë rivierbedding in ’n dorre streek."Wadi" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 7 Oktober 2023. Soms kan water voorkom nadat swaar reën geval het.
Beskrywing Wadi's word aangetref in stadig dalende, amper plat dele van woestyne. Dit is onderworpe aan plotselinge oorstromings, wat dikwels sediment agterlaat. Dié sediment kan 'n verskeidenheid materiaal bevat, van gruis tot modder, en daarom is wadisediment van die uiteenlopendste soorte woestynomgewings.
Woestynreisigers gebruik wadi's dikwels as trekroete, aangesien ondergrondse water dikwels in hulle voorkom en hulle staatmaak op plante wat hier voorkom, selfs in streke so droog soos die Sahara. Dit kan gebeur dat hulle deur 'n onverwagte vloed verras word.
Die verband tussen wadi's en water – en menslike lewe – in woestynomgewings het in die 1990's gelei tot die ontstaan van die veld wadihidrologie.Review of Wheater, Howard ; Al Weshah, Radwan, Hydrology of Wadi systems -IHP Regional Network on Wadi Hydrology in the Arab Region , UNESCO – Technical documents in hydrology vol 55, SC.2002/WS/33,(2002).
Verwysings
Skakels
Kategorie:Waterliggame Kategorie:Woestyne