KV1 is die grafkelder van Ramses VII in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Hy was van die 20ste Dinastie. Hoewel dit sedert antieke tye oop is, is dit eers in 1984 en 1985 behoorlik deur Edwin Brock ondersoek. Die grafkelder met sy enkele gang is kleiner as ander grafkelders van die 20ste Dinastie.

Uitleg en versiering thumb|links|220px|'n Dubbele beeld van die luggodin Noet teen die plafon van KV1. thumb|links|160px|Die plan van KV1.

KV1 het 'n reguit as, wat tipies van grafkelders uit dié tydperk is. Die opvolgers van Ramses III het almal grafkelders met so 'n uitleg gebou en dit is almal op dieselfde manier versier. Dit bestaan uit vier hoofdele: die ingang, 'n gang, die grafkamer met die sarkofaag en 'n kleiner kamer aan die einde daarvan.

Ramses VII was in die sewende jaar van sy bewind toe hy dood is. Daar is bewyse dat die grafkamer vergroot is van sy aanvanklike ontwerp as 'n gang, en werk aan die einde van die grafkelder is gestaak.

Die versiering in die gang van die grafkelder bevat beelde uit die Boek van Poorte, Boek van Grotte en Boek van die Aarde.Reeves, Nicholas. Wilkinson, Richard H. The Complete Valley of the Kings. p. 166. Thames & Hudson. 1997. (Herdruk)

Die mure van die grafkamer bevat tonele van die Boek van die Aarde. Wat styl en temas betref, volg dit die versiering van sy onmiddellike voorganger, Ramses VI, se grafkamer (KV9).

KV1 is in antieke tye beroof en die mummie het vermoedelik verlore gegaan, hoewel vier bekers met die farao se naam op in die mummieopgaarplek DB320 gevind is, saam met die oorblyfsels van ander farao's.Reeves, Nicholas. Wilkinson, Richard H. The Complete Valley of the Kings. p. 167. Thames & Hudson. 1997. (Reprint)

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV1

Kategorie:Vallei van die Konings