KV3 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit was bedoel vir 'n ongeïdentifiseerde seun van Ramses III in die vroeë 20ste Dinastie.

Dit het 'n reguit as, wat tipies was van dié dinastie. 'n Skerf met inskripsies op vertel van die stigting van 'n grafkelder vir 'n prins, waarskynlik KV3.Reeves, Nicholas. Wilkinson, Richard H. The Complete Valley of the Kings. p. 161. Thames & Hudson. 1997. (Herdruk) Die onvoltooide aard van 'n paar kamers en 'n gebrek aan bewyse dui daarop dat dit nooit gebruik is nie.

Beskrywing thumb|links|180px|Die plan van KV3.

Sommige geleerdes meen dit was oorspronklik bedoel vir die kroonprins wat die troon as Ramses IV sou bestyg, en wat sy eie grafkelder (KV2) begin bou het kort nadat hy farao geword het.

KV3 is naby die ingang tot die vallei geleë. Buiten die ingang tot die grafkelder daal dit feitlik nie verder nie.Dodson, Aidan and Ikram, Salima. The Tomb in Ancient Egypt. pp. 264–265. Thames & Hudson. 2008. Daar is twee gange (A en B) wat van die opening na die grafkelder lei, met twee kamers langs die tweede gang. Net die een is voltooi. Ná die tweede gang is 'n groter kamer (F) met vier pilare en 'n kleiner kamer aan elke kant. Net die een kantkamer (Fa) is voltooi.

Anderkant F is nog drie kamers (G, H en I). Een van dié kamers was moontlik bedoel as die grafkamer.

Die enigste versierings wat bewaar gebly het, is weerskante van gang B. Dit wys Rames III, wat deur 'n ongenoemde prins gevolg word, voor verskeie gode.

Daar is bewyse dat die grafkelder in die Bisantynse tydperk as 'n Christelike kapel gebruik is.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV3

Kategorie:Vallei van die Konings