Moshoeshoe I Internasionale Lughawe (IATA: MSU, ICAO: FXMM) is 'n internasionale lughawe wat Maseru, die hoofstad van Lesotho, bedien. Die lughawe is vernoem ter ere van Moshoeshoe I, koning van Lesotho van 1822 tot 1870. Dit is in die dorp Mazenod, 18 km suidoos van die middestad van Maseru.
Geriewe Die lughawe lê op 'n hoogte van 1 630 m bo gemiddelde seevlak. Dit het twee asfaltaanloopbane: 04/22 wat 3 200 by 45 meter en 11/29 wat 1 010 by 23 meter meet.
Lugrederye en bestemmings Airlink vlieg na/van Johannesburg–O.R. Tambo
Eksterne skakels
Moshoeshoe I Internasionale Lughawe by Lesotho se Departement van Burgerlugvaart
Kategorie:Lughawens in Afrika Kategorie:Lesotho