Heinrich Klaasen (* 30 Julie 1991) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat vir die Suid-Afrikaanse krieketspan gespeel het. Hy is ingesluit in die Northerns se span vir die 2015 Afrika T20I Beker. In Februarie 2021 het Klaasen Suid-Afrika vir die eerste keer as kaptein gelei tydens 'n T20I-wedstryd. Klaasen het op 21 Maart 2023 sy tweede honderdtal van slegs 54 aflewerings behaal tydens 'n EDI-wedstryd teen Wes-Indië.
Op 16 September 2023, tydens die vierde wedstryd van die 2023/2024 EDI-reeks teen Australië, het Klaasen 174 lopies van slegs 83 aflewerings gemoker. Sy kolfbeurt het 26 grenshoue ingesluit. Sy kolfbeurt het bygedra tot Suid-Afrika se telling van 416/5, die hoogste ooit wat tydens 'n EDI-wedstryd op SuperSport-park aangeteken is, en 'n oorwinning oor Australië met 'n ontsaglike 164 lopies. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 asook die Kampioenetrofee 2025 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.
Op 2 Junie 2025 het Klaasen sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.
Verwysings
Eksterne skakels Heinrich Klaasen by ESPNcricinfo
Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers