Dimetielsulfied is 'n organiese verbinding met die chemiese formule ; dit is die eenvoudigste tioëter. Dimetielsulfied het 'n vrot koolagtige reuk en dra by tot die reuk van gekookte kool, blomkool, seldery of aspersie, asook seekos. Die reukdrempel is taamlik laag, 0,12 μg/L in water. Die stof wat sy voorloper is en waaruit dit gevorm word, S-metielmetionien, kom in verskeie groentes voor. Tamaties het ongeveer 2,6 mg/kg en seldery 146 mg/kg daarvan.

Biochemie duimnael|links|Metabolisme Die stof word deur mikroörganismes vrygestel. Dit is 'n vlugtige stof wat 50-60% van die gereduseerde swael uitmaak wat in die aarde se atmosfeer teenwoordig is. Die oseane is verantwoordelik vir 95% van die DMSfluks wat die atmosfeer bereik. Dit word geskat op 15-33 Tg swael per jaar. Die stof word ingesluit in klimaatmodelberekenings. In die atmosfeer word dit geoksideer en vorm dit swaweldioksied . Dit word byna uitsluitlik deur biogene prosesse gevorm, veral deur die ensimatiese splyting van DMSP (dimetielsulfoniumpropionaat). Dit is 'n produk van verskeie organismes in die mariene fitoplankton en dit vorm deel van 'n ingewikkelde netwerk van paaie van produksie en verbruik deur mikroörganismes.

Astrochemie In September 2023 is berig dat die James Webb-ruimteteleskoop hierdie stof glo op die eksoplaneet K2-18b ontdek het. Omdat hierdie stof op aarde net deur lewende organismes vervaardig word, is dit moontlik 'n aanwysing dat op dié planeet wel lewe bestaan.

Verwysings

Kategorie:Organiese verbindings Kategorie:Swawel