TSV Havelse is 'n sportklub uit Garbsen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir tennis, tafeltennis, gimnastiek en ballet. Havelse is 'n stadswyk van Garbsen wat tot 1968 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is in 1912 gestig as FC Pelikan-Havelse, wat die naam gekry het van die handelsmerk van die sokkerbal wat die 13 stigterslede vir 7,50 Ryksmark gekoop het. In 1923 het die klub ontbind, maar in 1933 het die klub weer voortbestaan as die sokkerafdeling van Turnverein Havelse, wat in 1929 gestig is. Die klub het sy naam gedurende die 1940's verander na TSV Havelse. Tussen 1947 en 1952 het die klub bekendgestaan as TSG Havelse-Marienwerder, waarna die huidige benaming weer aangeneem is.
Die klub se stadion, die Willhelm Langrehr-stadion , was tot in 2000 bekend as die TSV-Kampfbahn an der Hannoverschen Straße. Dit is in 1933 opgerig op 'n veld wat die klub by 'n boer, ene Moorhoff, gehuur het teen 100 mark. 'n Ou Treinwa het tot in die 1950's as kleedkamers gedien.
Die klub se grootste prestasie was om een seisoen (1990/91) in die 2. Bundesliga deur te bring.
Onlangse ligaposisionering 1980-81 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 3de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 10de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 6de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 9de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1990-91 (II) 2. Bundesliga Noord 19de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1993-94 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 4de 1994-95 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 3de 1995-96 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 6de 1996-97 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 10de 1997-98 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 4de 1998-99 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 5de 1999-00 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 4de 2000-01 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 15de 2001-02 (VI) Verbandsliga Neder-Sakse 2002-03 (VI) Bezirksoberliga Hannover 6de 2003-04 (VI) Bezirksoberliga Hannover 5de 2004-05 (VI) Landesliga Hannover 1ste 2005-06 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 3de 2006-07 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 4de 2007-08 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 4de 2008-09 (V) Oberliga Neder-Sakse-Wes
Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf
Regionalliga Noord 2010/11-seisoen Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II
Havelse