Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe (IATA-kode: BER, ICAO EDDB) (Duits: Flughafen Berlin Brandenburg – Willy Brandt, focus.de: Berlin: Neuer Großflughafen wird nach Ex-Kanzler Willy Brandt benannt kort BER) is 'n nuwe internasionale lughawe net suid van die Duitse hoofstad Berlyn in Schönefeld (deelstaat Brandenburg, distrik Dahme-Spreewald) wat op 31 Oktober 2020 geopen is.
duimnael|links|Kaart van die lughawe in 2020 duimnael|links|Lughaweligging naby Berlyn duimnael|links|Die lughawebouterrein in 2019
Die nuwe lughawe het met sy voltooiing die voormalige twee Berlynse lughawens Berlyn-Tegel (op 8 November 2020 gesluit) berlin.de: Verkehrsflughafen Berlin-Tegel: Befreiung von der Betriebspflicht en Berlyn-Tempelhof (op 30 Oktober 2008 gesluit) tagesspiegel.de: Abschied von Tempelhof – Ende der Legende vervang Planfeststellungsbeschluss zum BBI des Brandenburgischen Ministeriums für Infrastruktur und Raumordnung, S. 327f., S. 335 Urteil des Bundesverwaltungsgerichts BVerwG 4 A 1073.04, Absatz 193, S. 86 en is feitlik 'n suidelike uitbreiding van die bestaande geriewe by Berlyn-Schönefeld, alhoewel net die huidige suidelike baan van Schönefeld by die nuwe projek ingesluit is. Die nuwe lughawe, wat deur die Flughafen Berlin Brandenburg GmbH (FBB) bedryf word, was een van die grootste infrastruktuurprojekte in Duitsland wat in die vroeë 21ste eeu aangepak is en die grootste lughawebouterrein in Europa. tagesspiegel.de: Flughafen Schönefeld: Klaus Wowereit: Auch der neue BBI-Termin ist ehrgeizig
Geskiedenis Planne vir 'n nuwe Berlynse Lughawe Na Duitse hereniging in 1990, het Berlyn weer die Duitse federale hoofstad geword; leiers het planne gemaak om die stad se toenemende belangrikheid te erken deur 'n groot kommersiële lughawe te bou. Die bestaande lughawens, Tegel-lughawe, Schönefeld-lughawe en Tempelhof-lughawe, was besig om verouderd en al hoe meer oorlaai te raak weens stygende passasiersgetalle. Om die ekonomiese lewensvatbaarheid van die projek te verseker, het hulle 'n enkellughawekonsep nagestreef, wat beteken dat die nuwe lughawe die enigste kommersiële lughawe vir Berlyn en Brandenburg sou word. Hulle het beplan om Tegel, Schönefeld en Tempelhof te sluit met die opening van die nuwe lughawe, en dan kommersiële lugvaart vanaf enige ander lughawe in Brandenburg te verbied.
Op 2 Mei 1991 is die Berlin Brandenburg Flughafen Holding GmbH (BBF) gestig, wat besit word deur die state Berlyn en Brandenburg (37 persent elk) en die Federale Republiek van Duitsland (die oorblywende 26 persent). Eberhard Diepgen, burgemeester van Berlyn, het die eerste voorsitter van die toesighoudende raad geword.
Op 28 Mei 1996 het burgemeester Diepgen, Minister-President van Brandenburg Manfred Stolpe en Federale Minister van Vervoer Matthias Wissmann hul verbind tot Schönefeld as die terrein vir die nuwe lughawe. Hierdie sogenaamde konsensusbesluit is later deur die onderskeie staatswetgewers bevestig. Die nuwe lughawe sal sekere infrastruktuur, soos 'n aanloopbaan, vanaf die huidige Schönefeld-lughawe gebruik.
Openbare eienaarskap en konstruksiepermit Die nuwe Berlynse lughawe sou deur BBF Holding beplan, besit en bedryf word. Kort daarna het BBF Holding Flughafen Berlin Brandenburg GmbH (FBB) geword en het onder die eienaarskap van Berlyn, Brandenburg en die federale regering gebly. Op 13 Augustus 2004 het die Brandenburgse staatsministerie vir infrastruktuur en streekbeleid goedkeuring verleen vir die ontwikkeling van die Schönefeld-lughawe in die nuwe Berlynse Brandenburg Internasionale Lughawe.
Regstryd 'n Regstryd het ontstaan, aangesien plaaslike inwoners regsgedinge teen die ministerie se besluit aanhangig gemaak het. Die dispuut is op 16 Maart 2006 besleg, toe die Federale Administratiewe Hof van Duitsland die inwoners se argumente verwerp het. Die hof het egter bepalings opgelê oor beperkings op die vlugbedrywighede by die nuwe lughawe. Die konstruksiepermit is slegs toegestaan onder die voorwaarde dat sodra dit in werking is, die aantal inwoners wat op die naderingspad woon, laer sou wees in vergelyking met die situasie rondom die drie bestaande lughawens – Tegel, Schönefeld en Tempelhof. Om hierdie rede was dit verpligtend vir Tegel en Schönefeld om te sluit (Tempelhof is reeds in 2008 uit diens gestel) sodra Berlyn se lugverkeer by die nuwe lughawe gekonsentreer is.
Vertraging in voltooiing Na 'n paar jaar van vertragings is die openingsdatum bepaal as laat Junie 2012, maar weens tegniese probleme en ontwerpfoute kon dit nie gehaal word nie. In Augustus 2013 het die raad van die lughawe 'n gedeeltelike opening in die lente 2014 beplan. Teen Oktober 2013 moes 'n nuwe skedule vir die totale voltooiing in plek wees, maar in Januarie 2014 is aangekondig dat 'n opening gedurende 2014 onmoontlik blyk te wees. Wowereit: BER wird auch in diesem Jahr nicht öffnen URL besoek op 7 Januarie 2014- Die lughawe is op 31 Oktober 2020 geopen.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf – Berliner Flughäfen Omgewingsontwikkeling van die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe Nuus vanaf die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe – Rundfunk Berlin-Brandenburg
Kategorie:Berlyn Kategorie:Geboue en strukture in Brandenburg Kategorie:Lughawens in Duitsland