Nowinka (Russies: Новинка) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Nowinka Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings insluit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Nowinka 1 050 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 931 88,7% Russe 61 5,8% Tartare 29 2,8% Oekraïners 6 0,6% Nogais 5 0,5% Tsjoewasjiërs 3 0,3% Onbekend 15 1,4% Totaal 1 050 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast