Salin-Toegtoen (Russies: Салын-Тугтун, Kalmikies: Салын Тугтн) is 'n dorpie in Sarpa-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Salin-Toegtoen Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings, Dogzmakin, Ik Zargakin en Kaazjichin, insluit. Dit lê naby die Kara-Salrivier 56 kilometer suidwes van die rajon se setel, Sadowoje.
Die dorpie se naam kom van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Salin-Toegtoen 610 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 457 74,9% Russe 62 10,2% Tsjetsjniërs 45 7,4% Dargine 22 3,6% Ander groepe 16 2,6% Onbekend 8 1,3% Totaal 610 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië