Ik Zargakin (Russies: Ик Заргакин, Kalmikies: Ик Зарһахн) is 'n klein dorpie in Sarpa-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Salin-Toegtoen Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings insluit. Dit lê naby die Soechoi Salrivier 55 kilometer suidwes van die rajon se setel, Sadowoje.
Die dorpie se naam kom van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Ik Zargakin 29 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 21 72,4% Tsjetsjniërs 8 27,6% Totaal 29 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië