Gorodowikofsk-rajon (Russies: Городовиковск район, Kalmikies: Башнтан район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die suidwestelike deel van die republiek en grens aan twee ander federale deelgebiede van Rusland, Rostof-oblast en Stawropol-krai. Die rajon se setel is die gelyknamige stad Gorodowikofsk.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Gorodowikofsk-rajon 17 295 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Russe 10 018 57,9% Kalmikiërs 4 342 25,1% Turke 1 107 6,4% Duitsers 376 2,2% Oekraïners 291 1,7% Armene 137 0,8% Ander groepe 1 024 5,9% Totaal 17 295 100%
Verwysings
Kategorie:Kalmikië