Horingsilwer (chlorargiriet) is die mineraalvorm van silwerchloried. Dit kom in geoksideerde sones bo-op silwerneerslae voor en kan 'n belangrike silwererts vorm. Dit word in Duitsland, Tjeggië, Engeland, die VSA, Rusland, Meksiko, Chili en Australië aangetref.

Horingsilwer word in Suid-Afrika in die Transvaalmyn naby Delmas in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit van die Nkangala-distrik van Mpumalanga aangetref.

Verwysings