Michailofka (Russies: Михайловка) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê oorkant die Tjoegameer van 'n ander dorpie, Zenzeli, en naby die grens met Kalmikië.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Michailofka 1 165 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast