duimnael|Die Na-K-fasediagram

NaK is 'n legering van natrium en kalium wat by kamertemperatuur vloeibaar is.

Fasediagram Die Na-K-fasedragram is in 1912 deur G.L.C.M van Rossen Hoogendijk van BleiswijkDis een persoon: G.L.C.M van Rossen Hoogendijk het in 1908 die heerlikheid Bleiswijk (naby Rotterdam) gekoop. publiseer.

Daar is een vaste intermetaalverbinding wat by +8 °C peritekties ontbind en 'n eutektikum by 78% K (by massa) wat smelt by -11 °C. Die vloeistof het 'n taamlike hoë kookpunt (~750C) wat die vloeibare metaal oor 'n breë temperatuurinterval bruikbaar maak.

Eienskappe Die legering is maklik te vervaardig deur vaste natrium en kalium in 'n olie of inerte organiese oplosmmidel, soos tolueen, saam te smelt. Dit gebeur gewoonlik onder uitsluiting van suurstof en vog en deur sterk te roer.

Die legering is nes die metale kalium en natrium self baie reaktief met water, suurstof, ander oksideermiddels soos die halogene, en met sure.

Gebruik en gevare Die vloeibare legering word gebruik as koelvloeistof in kernkraginstallasies. Die stof kan egter by blootstelling aan die lug gevare oplewer. Dit kan aan die brand slaan en kaliumsuperoksied vorm.

Verwysings

Eksterne skakels Video

Kategorie:Legerings Kategorie:Verbindings van natrium Kategorie:Verbindings van kalium