Kamisjowo (Russies: Камышово) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê tussen twee klein mere in die Wolga-rivierdelta 3 kilometer suidwes van 'n ander dorpie, Jar-Bazar.
Geskiedenis Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu gestig deur Kalmikiese setlaars uit Karawannoje en het oorspronklik die naam Koenkoenja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Kamisjowo, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "riet".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Kamisjowo 647 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 470 72,6% Kalmikiërs 153 23,6% Kasakke 10 1,6% Oekraïners 7 1,1% Koreane 4 0,6% Moldawiërs 3 0,5% Totaal 647 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast