Boedarino (Russies: Бударино) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê oorkant 'n klein stroom van 'n kleiner nederesetting, Dalneje.
Geskiedenis Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Daltsji gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Boedarino, gekry. Hierdie nuwe naam kom van будара (boedara), 'n Russiese woord vir 'n soort vissersboot.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Boedarino 597 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 436 73% Tsjetsjniërs 57 9,5% Kalmikiërs 55 9,2% Kasakke 17 2,8% Dargine 10 1,7% Oekraïners 8 1,3% Koemikke 6 1% Tartare 3 0,5% Onbekend 5 0,8% Totaal 597 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast