Karaägasj (Russies: Караагаш) is 'n dorpie in Narimanof-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Achmatofski Plaaslike Munisipaliteit en lê op die linkeroewer van die Wolgarivier 13 kilometer noordwes van Astrachan se middestad. Die dorpie se naam kom van die Turkiese tale en beteken "swart boom".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Karaägasj 238 inwoners gehad. Ten spyte van sy klein bevolking, is die dorpie etnies baie divers.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 91 38,2% Kasakke 54 22,7% Tartare 51 21,4% Nogais 36 15,1% Tabasarane 6 2,5% Totaal 238 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast