Ritsjanski (Russies: Рычанский) is 'n dorpie in Narimanof-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Achmatofski Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê op die regteroewer van die Ritsjarivier wat die bron van die dorpie se naam is, en word deur 'n pad van die munisipaliteit se setel, Toeloeganofka, geskei.
Ritsjanski is die ligging van 'n klein spoorwegstasie, genaamd "1 512de kilometer".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Ritsjanski 227 inwoners gehad. Ten spyte van sy klein bevolking, is die dorpie etnies baie divers.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 122 53,7% Kasakke 42 18,5% Tsjetsjniërs 40 17,6% Tsachoere 9 4% Tartare 8 3,5% Azerbeidjanners 3 1,3% Tabasarane 3 1,3% Totaal 227 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast