Dalneje (Russies: Дальнее) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê oorkant 'n klein stroom van 'n groter nederesetting, Boedarino.

Geskiedenis Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Daltsja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Dalneje, gekry. Hierdie nuwe naam kom van die Russiese woord vir "ver geleë".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Dalneje 80 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 59 73,8% Tsjetsjniërs 11 13,8% Oekraïners 6 7,5% Dargine 4 5% Totaal 80 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast