Rinok (Russies: Рынок) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit van die gelyknamige rajon behoort. Dit is naby die grens met 'n ander federale deelgebied, Kalmikië, geleë. Dit lê in die suidelike deel van die Wolga-rivierdelta naby die Kaspiese See en oorkant die Metsjetni Proranbaai van Boerannoje.

Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "mark".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Rinok 190 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 176 92,6% Tsjetsjniërs 8 4,2% Tadjiks 6 3,2% Totaal 190 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast