Soedatsje (Russies: Судачье) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta oorkant die Wolga-Kaspiese kanaal van 'n ander dorpie, Oranzjereï.
Geskiedenis Die dorpie is in 1923 gestig deur die Kalmikiese setlaars van die huidige Krasnojarski-rajon wat in die oostelike deel van Astrachan-oblast geleë is. Dit het oorspronklik die naam Aimenkin gehad, 'n Russiese fonetiese aanpassing van die Kalmikiese woord әәмгин (äämgin) wat na 'n soort administratiewe eenheid verwys. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Soedatsje, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "snoekbaars".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Soedatsje 281 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 121 43,1% Russe 118 42% Kalmikiërs 28 9,6% Tartare 8 2,8% Tsjetsjniërs 7 2,5% Totaal 281 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast