Zorino (Russies: Зорино) is 'n klein dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta oorkant die Glawnaja Protokarivier van 'n ander dorpie, Jar-Bazar.
Geskiedenis Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu gestig deur Kalmikiese setlaars en het oorspronklik die naam Kjoektja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Zorino, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "dagbreek".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Zorino 29 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 15 51,7% Kalmikiërs 14 48,3% Totaal 29 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast