Prototsjnoje (Russies: Проточное) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê in die westelike deel van die Wolga-rivierdelta 13 kilometer noordoos van die rajon se setel, Liman.

Geskiedenis Die dorpie is in 1923 gestig deur Kalmikiese setlaars en het oorspronklik die naam Bantir gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Prototsjnoe, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "klein stroom".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Prototsjnoje 609 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 405 66,5% Kalmikiërs 143 23,5% Kirgisiërs 38 6,2% Oekraïners 4 0,7% Ossetiërs 4 0,7% Tartare 4 0,7% Onbekend 11 1,8% Totaal 609 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast