Oelan-Chol (Russies: Улан-Хол) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Oelan-Chol Plaaslike Munisipaliteit wat tot Lagan-rajon behoort. Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woorde vir "rooi vallei".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Oelan-Chol 2 329 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 1 200 51,6% Roetoele 381 16,4% Russe 133 5,7% Kasakke 118 5% Dargine 114 4,9% Aware 93 4% Tartare 63 2,7% Tsachoere 60 2,6% Tsjetsjniërs 60 2,6% Onbekend en ander groepe 107 4,5% Totaal 2 329 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië