Bolsjije Isadi (Russies: Большие Исады) is 'n voorstad en historiese buurt van Astrachan, Rusland. Dit lê oos van Astrachan se middestad by die Koetoemrivier en Warwatsikanaal.

Geskiedenis Die voorstad het tussen die 16de en 18de eeu gegroei van die gelyknamige mark, waarvan die naam kom van 'n Russiese dialekwoord vir "seehoof". Die mark bestaan tot vandag toe. Mense van Dagestanse afkoms en immigrante uit Sentraal-Asiatiese lande wat daar werk, vorm 'n groote deel van Bolsjije Isadi se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Astrachan