Gannabos (Caroxylon aphyllum) is 'n struik wat inheems aan Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika is.
Die struik kom veral in Namibië en die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor en is wydverpreid. Die Khoisan het as wat verkry is van die verbranding van gannabos gebruik as loog om daarmee seep te maak van die vet van hulle skaapsterte en olie verkry van wasbessies (Morella).
Die FSA-nommer is 103.3
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika