Bariumtitanaat kan beskou word as 'n gemengde oksied van barium en titaan, maar ook as 'n sout van die basis bariumhidroksied en die hipotetiese titaansuur

Die stof is oplosbaar in heelparty sure, soos swawelsuur, soutsuur en waterstoffluoried. In water en alkali is dit onoplosbaar.

Die stof is 'n diamagnetiese halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 1,67 eV In suiwere vorm is dit amper isolerend. Die stof se geleidingsvermoë kan deur dotering met elemente uit groep 3, soos Sc, Y, Nd, Sm ens. vergroot word. Eenkristalle vertoon 'n negatiewe temperatuurkoëffisiënt van die elektriese weerstand, soos die meeste halfgeleiers.

duimnael|links|Die tetragonale vervorming Die stof is para-elektries bo 393K en het die kubiese perovskietstruktuur met bariumione in die kuboktaëders. (Strukturbericht-klassifikasie E2

Ferro-elektriese eienskappe Van 278K tot 393 is dit effens vervorm in 'n tetragonale struktuur wat ferro-elektries is. Die katione skuif in die een rigting, die anione in die teenoorgestelde rigting. Onder 278K word dit ortorombies en onder 183K romboëdries. Hierdie vervormings gaan saam met klein verskuiwings van die atome.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings titanaat Kategorie:Verbindings van titaan