Natriumbromied is 'n verbinding van natrium en broom met formule . Dit is 'n sout van die suur waterstofbromied () en die basis natriumhidroksied ().
Dit is 'n kleurlose of wit materiaal wat diamagneties en elektries isolerend is. Die bandgaping is direk maar taamlik breed (4,09 eV)
natriumbromied word uit seewater en ander bogrondse en ondergrondse waters verkry. Die sout word gebruik in vloeistowwe wat in die olie- en gaseksplorasie gebruik word. In kragstasies wat steenkool verbrand word dit gebruik om kwikdamp af te vang. Dit vind ook in watersuiwering toepassing
Die sout is in die 19de en vroeë 20ste eeu toegepas teen epilepsie, maar vandag word dit net by honde en katte soms nog gebruik.
Eienskappe By indamping van 'n versadigde oplossing van natriumbromied word 'n hidraat .2 gevorm. Hierdie hidraat het by kamertemperatuur 'n waterdampdruk van 0,34 relatief teenoor water. Dit is die enigste bekende hidraat.
As chloorgas deur 'n oplossing van natriumbromied gevoer word, tree 'n redoksreaksie op:
Die chloor oksideer die bromiedione tot die element broom. Hierdie reaksie kan gebruik word om uit seewater broom te verkry. By verdamping slaan eers tafelsout neer. As dit verwyder is, bly 'n oplossing oor waarin bromide gekonsentreer is. Behandeling met chloor stel broom vry.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings bromied