Tsagan Aman (Russies: Цаган Аман, Kalmikies: Цаһан Аман) is 'n dorp in Kalmikië, Rusland en die setel van Joesta-rajon. Dit is ook die setel van die gelyknamige Tsagan Aman Plaaslike Munisipaliteit wat nog een keleiner nedersetting, Tsagan Boelg, insluit.

Tsagan Aman lê op die regteroewer van die Wolgarivier en grens an Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsagan Aman 6 004 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 4900 81,6% Russe 664 11,1% Kasakke 266 4,4% Koreane 76 1,3% Duitsers 14 0,2% Georgiërs 11 0,2% Oesbeke 10 0,2% Tartare 10 0,2% Oekraïners 9 0,1% Basjkiriërs 6 0,1% Tadjiks 6 0,1% Turke 6 0,1% Armene 5 0,1% Maris 5 0,1% Tsjetsjniërs 5 0,1% Azerbeidjanners 4 0,1% Chakasse 4 0,1% Litauers 3 0,1% Totaal 6004 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië