Joesta-rajon (Russies: Юстинский район, Kalmikies: Үстин район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê op die regteroewer van die Wolgarivier in die oostelike deel van die republiek en grens aan Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die rajon se setel is die dorp Tsagan Aman.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Joesta-rajon 10 585 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Kalmikië