Retsjnoje (Russies: Речное) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Retsjnoje Plaaslike Munisipaliteit wat tot Charabali-rajon behoort.
Geskiedenis Retsjnoje is in die 18de eeu deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Tjoemenefka gekry. Die Chosjeoetowo-choeroel op Retsjnoje is die enigste Kalmikies-Boeddhistiese tempel wat voor die Russiese Rewolusie gebou is en tot vandag toe bewaar gebly het.
In die 1940's het die dorpie 'n toestroming van immigrante beleef. Hulle was etnies Russiese Ougelowiges uit Roemenië wat die Sowjetregering na Rusland genooi het deur 'n repatriasieprogram. Die gerepatrieerdes het besluit om hulle in hierdie gebied te vestig, omdat hulle in Roemenië gewoon het in 'n soortgelyke natuurlike omgewing in die Donau-rivierdelta.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Retsjnoje 889 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 605 68,1% Kasakke 237 26,7% Kalmikiërs 22 2,5% Aware 10 1,1% Litauers 5 0,6% Bulgare 3 0,3% Tartare 3 0,3% Onbekend 4 0,4% Totaal 889 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast