Sasikoli (Russies: Сасыколи) is 'n dorp in Astrachan-oblast, Rusland en die grootste landelike nedersetting van Charabali-rajon. Dit is die setel van die gelyknamige Sasikoli Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner dorpies, Boegor en Zeljonije Proedi, insluit.
Sasikoli is in 1797 gestig deur Tsjoewasjiese setlaars uit Kapoestin Jar, 'n dorpie in die nabygeleë Achtoebinsk-rajon.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Sasikoli 5 224 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast