Wolnoje (Russies: Вольное) is 'n dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Wolnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Seroglazowo, insluit

Die dorpie is in 1849 deur die Russiese en Oekraïense setlaars uit die huidige Woronezj-oblast gestig. Sy oorspronklike naam was Knjazjewo wat van die Russiese woord vir "prins" kom. Dit is in 1918 deur die Bolsjewiste na Wolnoje hernoem, waarvan die letterlike betekenis "vry" is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Wolnoje 2 042 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 1125 55,1% Kasakke 817 40% Tsjetsjniërs 24 1,2% Aware 13 0,6% Oekraïners 10 0,5% Armene 9 0,4% Koreane 8 0,4% Duitsers 6 0,3% Tartare 5 0,2% Turke 5 0,2% Dargine 4 0,2% Kalmikiërs 4 0,2% Nogais 4 0,2% Maris 3 0,1% Onbekend 5 0,2% Totaal 2 042 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast