Selenije (Russies: Селение) is 'n voorstad en historiese buurt van Astrachan, Rusland. Dit lê oorkant die Koetoemrivier van Astrachan se middestad.

Geskiedenis Die buurt het in die 18de eeu ontstaan ​​as 'n etnies Russiese voorstad, in teenstelling met die Machallas waar Astrachan se Turkse, Persiese en Armeense bevolking gewoon het. Net soos die naam Machalla van die Arabiese woord vir "woonbuurt" kom, is die letterlike betekenis van die Russiese naam Selenije "dorpie" of "nedersetting". Ten spyte van sy geskiedenis, is die huidige Selenije 'n multikultere gebied met etnies diverse inwoners.

Die bekende Astrachanse skrywer en joernalis Joeri Selenski (geboortenaam Joeri Galisjnikof) het sy skuilnaam gebaseer op die naam van hierdie buurt, waar hy gebore is en grootgeword het. In die outobiografiese boek oor sy kinderjare, genaamd "Moenie naby die pad groei nie", het hy die atmosfeer van Selenije in die 1920's en 1930's beskryf. Ná sy dood in 1983 is Koezbass-straat in sy tuisbuurt tot Selenski-straat hernoem.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Astrachan