Michail Dolijef (Russies: Михаил Долиев, gebore 25 Junie 1976 in Astrachan) is 'n Russiese regionalistiese opposisiepolitikus en joernalis van Oekraïense en Armeense afkoms. Hy is 'n rubriekskrywer vir Kasparov.ru, die nuuswerf van die skaakgrootmeester en politieke aktivis Garri Kasparof.

Biografie Dolijef was die leier van die federale PARNAS-party se Astrachanse streekstak totdat dit deur die Russiese regering verbied en ontbind is.

Ná die Russiese inval in Oekraïne het Dolijef dreigemente van politieke vervolging gekry en moes hy om veiligheidsredes uit Rusland vlug. Sedert Junie 2022 woon hy saam met sy familie in Duitsland, waar hulle politieke asiel gekry het.

Hy het hom baie jare lank beywer vir die verdere federalisering van Rusland en die sentrale rol van Moskou teengestaan. Ná die begin van die oorlog in Oekraïne het hy ook separatistiese opinies uitgespreek en mense daaraan herinner dat Astrachan 'n onafhanklike khanaat was voordat Rusland dit verower en gekoloniseer het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Russiese politici Kategorie:Russiese joernaliste