Zelenga (Russies: Зеленга) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die Zelenga Plaaslike Munisipaliteit en lê oorkant die Sacharnistroom van 'n ander dorpie, Makowo. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Geskiedenis Zelenga is aan die einde van die 18de eeu gestig deur die Tsjoewasjiese en Moksja-setlaars uit Kamenni Jar en Sasikoli. Die dorpie se naam kom waarskynlik van die Russiese woord зелёный (zeljoni) wat "groen" beteken, maar daar word gesê dat die agtervoegsel -nga 'n Fins-Oegriese oorsprong het.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Zelenga 2 825 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 1 687 59,7% Kasakke 1016 36% Tsjetsjniërs 22 0,8% Tartare 20 0,7% Oesbeke 10 0,4% Aware 9 0,3% Oekraïners 7 0,2% Azerbeidjanners 4 0,1% Bulgare 4 0,1% Koemikke 4 0,1% Onbekend 34 1,2% Totaal 2 825 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast