Kaftanka (Russies: Кафтанка) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Kilinitsji Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Priwolzje-rajon, lê dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta.
Die dorpie se naam kom van die nabygeleë Kaftanikstroom. Die Russiese woord кафтан (kaftan) waarvan albei plekname afgelei is verwys na 'n argaïese kledingstuk.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Kaftanka 31 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast