Zastenka (Russies: Застенка) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Razdor Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Geskiedenis Zastenka is in die 19te eeu gestig deur die Kasakse setlaars uit die huidige Kasakstanse Atiraoe-oblast. Volgens die plaaslike folklore, die dorpie se naam kom van die Russiese за стенкой (za stenkoi, letterlik: "agter 'n moer"). Zastenka is hierdie naam gegee deur die Russiese inwoners van 'n nabygeleë dorpie, Razdor, wat sê dat die Kasakke agter 'n "moer" van hoë fluitjiesriete woon.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Zastenka 491 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 473 96,3%Russe 4 0,8%Turkmene 4 0,8%Tartare 3 0,6%Onbekend 7 1,4%Totaal491100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast