Wostotsjnoje (Russies: Восточное) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Ikrjanoje Plaaslike Munisipaliteit van die gelyknamige rajon behoort. Soos baie ander nedersettings in Ikrjanoje-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Geskiedenis Die dorpie is in die 1930's deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Kisin of Kisin-Sjarboerbja gehad. Ná die deportasie van Kalmikiërs deur die Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Wostotsjnoje, gekry. Dit kom van die Russiese byvoeglike naamwoord wat "oostelik" beteken.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Wostotsjnoje 767 inwoners gehad. Etniese Kasakke, Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast