Birjoetsjok (Russies: Бирючёк) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Semiboegri Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam is 'n verkleinwoord vir die argaïese Russiese woord бирюк (birjoek), waarvan die betekenis "wolf" is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Birjoetsjok 543 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 509 93,7%Russe 11 2%Tartare 4 0,7%Oekraïners 4 0,7%Onbekend 15 2,8%Totaal543100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast