Forpost (Russies: Форпост) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Samosdelka Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Die letterlike betekins van die dorpie se naam is "voorpos", oorspronklik 'n Duitse of Nederlandse leenwoord in Russies.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Forpost 30 inwoners gehad. Etniese Tsjetsjniërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieTsjetsjniërs 20 66,7%Russe 5 16,7%Onbekend 5 16,7%Totaal30100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast