Karawannoje (Russies: Караванное) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit van die gelyknamige rajon behoort. Dit is in 1850 deur setlaars uit Woronezj-oblast gestig.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Karawannoje 1 773 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast