Kalnofka (Russies: Кальновка) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Tsjorni Jar Plaaslike Munisipaliteit van Tsjernojarski-rajon behoort. Dit lê 46 kilometer noordwes van die rajon se setel, Tsjorni Jar.
Die dorpie is deur 'n ryk handelaar gestig wat boere uit Oekraïne se Riwne-oblast na die gebied gebring het, dus het die dorp oorspronklik die naam Rowinka gekry. In die vroeë Sowjetera is dit herdoop ter ere van Semjon Kalnof, 'n held van die Russiese Burgeroorlog.
Demografie Volgens Sensus 2002 het Kalnofka 122 inwoners gehad. Geen etniese groep vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking nie, maar die grootste groep is Kalmikiërs.
Etniese groepeSensus 2002PersentasieKalmikiërs 48 39,3%Russe 38 31,1%Darginiërs 24 19,7%Maris 7 5,7%Tsjoewasjiërs 5 4,1%Totaal122100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast